Letter Liefde

Selfvertroue begin met begrip.

Oorbrug die gaping tussen lees en begrip.

Wetenskaplik-bewese leesterapie wat kinders help om met selfvertroue akademies te floreer.

Selfvertroue begin by begrip. Saam bou ons ’n sterk fondasie vir jou kind se akademiese toekoms deur resultaatgerigte ondersteuning.

WELKOM BY LETTER LIEFDE

Sê totsiens vir die lees-stryd en help jou kind om weer met selfvertroue te lees.

Letter Liefde bied ’n gespesialiseerde benadering tot geletterdheid wat verder kyk as bloot die herkenning van klanke en letters. Ons verstaan dat elke kind se leerpad uniek is, en dat akademiese vordering dikwels slegs belemmer word deur ’n spesifieke hindernis wat met die regte ondersteuning oorkom kan word.
Gespesialiseerde Leesterapie:

Ons sessies is noukeurig belyn met gevorderde metodiek om spesifieke lees- en spelhindernisse stelselmatig en doeltreffend te oorkom.

Hierdie wetenskaplik-bewese tegnieke teiken die kern van fonologiese bewustheid en dekodering, wat lei tot ‘n onmiddellike verbetering in leesvlottheid.

Kurrikulum-ondersteuning:

Ons oorbrug die gaping tussen die klaskamer-eise en die leerder se vaardigheidsvlak met volledige KABV-integrasie.

Ons help om die akademiese las op onderwysers te verlig deur leerders te bemagtig met die vaardighede wat nodig is om aan kurrikulum-doelwitte in die klaskamer te voldoen.

Jou kind se pad na sukses

Versterk akademiese vaardighede deur doelgerigte intervensies

'n Wetenskaplike tegniek wat die kern van lees- en spelprobleme aanspreek sodat leerders die logika agter woorde vinniger en makliker begryp.

Deur ’n stelselmatige ontleding van ’n leerder se klank- en kode-kennis, identifiseer ons die spesifieke areas waar die leerder met lees- en spelvaardighede vasbrand.

Kundige begeleiding vir leerders wat aan ATKV-redenaars deelneem. Ons bring deeglike navorsing en die kuns van voordrag bymekaar, sodat die leerder se woorde ’n blywende indruk by die gehoor maak.

’n Kreatiewe tuiste vir jong skrywers. Ons fokus op die praktiese tegnieke van skryf en dig, terwyl ons leerders begelei om met selfvertroue en verbeelding hul gedagtes in woorde om te sit.

Ek is Christel Brooks. By Letter Liefde is my hele fokus om kinders te help wat “vasgehaak” het met hul leeswerk, want ek glo die regte hulp op die regte tyd maak die verskil tussen jare se frustrasie en werklike vordering.

My agtergrond as HRM-praktisyn gee my die nodige struktuur en deeglikheid wat belangrik is vir terapie, terwyl my lewe as digter en skrywer my help om kinders weer opgewonde oor taal te maak. As geakkrediteerde Phono-Graphix™ terapeut gebruik ek metodes wat op feite en resultate gebaseer is, maar ek doen dit op ’n manier wat die kind as mens raaksien.

Deur my noue samewerking met gesinne verstaan ek daardie magtelose gevoel wanneer jy sien ’n kind “brand vas” met hul skoolwerk. Daarom gebruik ek ’n benadering wat die “kode” van lees stelselmatig afbreek – dit neem die raaiwerk weg en gee vir ’n kind die selfvertroue terug om sommer self met hul werk reg te kom. Of ons nou werk aan leesvlottheid of die voorbereiding van ’n redenaarstoespraak, my doel is dat elke leerder met vaardighede hier wegstap wat hulle vir die res van hul lewe sal kan gebruik.

DIE STORIE AGTER LETTER LIEFDE

Wetenskaplike hulp met ’n hart vir taal.

"Every lesson was thoughtfully prepared which made a noticeable difference in confidence and progress. We are so grateful to have found someone who is genuinely invested in her students’ success."

Julie Strydom
Ouer